Bextrans | A BexGroup Company

Bextrans waarborg dat elke vragmotor wat aan die kliënt verskaf word, aan die kliënt se spesifieke goedere-in-transito-versekeringsvereistes voldoen. Dit verseker dat die kliënt se produk gedek is teen skade of verlies vanaf die oomblik dat ’n vragmotor van die laaipunt vertrek totdat dit vir aflaai by sy bestemming aankom.

Ons handhaaf ’n streng eise-bestuursbeleid. Die doel van hierdie risiko-beleid is om te verseker dat alle betrokke partye ingelig is van, en beskerm word teen verliese wat voortspruit uit kort lewering, diefstal en ongelukke, met die doel om onvoorsiene verliese te minimaliseer.

Wat toesig betref, is ons vloot toegerus met voertuigopsporingstelsels wat beheer oor ons voertuie bied. Ons bekyk en monitor voertuigbewegings deur middel van internetgebaseerde stelsels, insluitend waarskuwings en paniekknoppies. ie voertuie word deur GPS-liggingtegnologie opgedateer om te verseker dat hulle altyd sigbaar en in werking is.